Johan en Hendrien het sekerlik op een van die warmste dae van 2011 getrou. Ek het laas so warm gekry met Hendrien se sussie, Annatjie, se troue.
Johan en Hendrien is fantasties saam. Selfs in die kort tydperk wat ek hulle te siene gekry het, kon ek sien hoe hulle die beste in mekaar uitbring.
Die onthaal is in die NG kerksaal in Montagu gehou. Geen troubeplanners of venues-waar-als-klaar-gedoen-is nie. Net vrek harde werk. Dit wil gedoen wees! Die troue was pragtig, met ‘n aansteeklike gevoel van liefde en gelukkigheid.
Dankie julle.
Vir meer foto’s, click hier.



























wil punt
Dec 23, 2011 at 7:43 am
Well done Nielen – jy inspire my met jou deursettingsvermoë en durf. Trots op jou!